Hoërskool Florida het uitgeblink by die jaarlikse toekennings van Distrik D12, Johannesburg-Wes.

Die skool stap weg met die volgende toekennings:

Aliesha Theron – Afrigter van die jaar.

Di Woolley – Administrateur van die jaar.

Rujaun Scheepers – Hoërskool Sportseun van die jaar.

Caitlin Oelofse – Hoërskool Sportdogter van die jaar.

Claudia Aggenbacht – tweede plek vir sportdogter van die jaar.

Skyfskiet behaal ‘n derde plek vir “Code of the Year”

Baie geluk, Florries is trots en baie dankbaar. Florrie Magic het beslis geseëvier!