Category: Tennis

Hoërskool Florida tennis

Baie geluk aan Hoërskool Florida se vier tennisspelers, Wynand (Gr 10), Kobus Conradie (Gr 8), Claudé (Gr 11) en Marlé Pentz (Gr10), wat hulle wedstryd teen King’s School op 16 Augustus met 30-24 spelle gewen het! Sterkte vir die volgende wedstryd teen Allen Glen...

Read More

Categories

Gedagte vir die week

Jou verantwoordelikheid

Mag die Here julle gadagtes rig op die liefde van God en die volharding van Christus! – 2 Tessalonisense 3:5

Omdat God self die vlam van die liefde vir Hom in jou hart aangesteek het, moet jy alles in jou vermoë doen om seker te maak dat niks hierdie innerlike vlam in jou blus nie. Die enigste manier waarop jy dit kan doen, is om toe te laat dat jou lewe beheers word deur jou liefde vir Jesus Christus. Dan sal jou hele lewe ‘n uitdrukking en openbaring van jou liefde vir Hom wees en jy sal ‘n kanaal van sy liefde na jou medemens wees.

As dissipel van Jesus Christus is dit jou verantwoordelik-heid om God se liefde as ‘n praktiese werklikheid te openbaar in die wêreld waar jy leef en werk. As jy hierin misluk, kan jy nie hoop op geestelike sukses nie. – Solly Ozrovech

Pin It on Pinterest