Category: Other Activities

Hoërskool Florida lewer ‘n wenner op: Quinne brown

Schools That Rock publiseer kort berigte van ‘n aantal oud-leerders van skole  op ons Facebook en Webtuiste. Hoërskool Florida, Gauteng, is bekend daarvoor dat hul oud-leerders, na skool, hul merk in die lewe maak! Quinne Brown, bekende aktrise, het haar hoërskoolloopbaan aan Hoërskool Florida voltooi. Na matriek het sy oorsee getoer en as kelner en funksiebestuurder gewerk. Daarna het sy Geografie en Antropologie aan die Universiteit van Johannesburg studeer. Op 21-jarige ouderdom het haar lewe verander toe sy ‘n rol in 7de Laan gekry het. Sy het egter nooit gedroom dat sy ‘n loopbaan as aktrise sou volg nie. Quinne...

Read More

Hoërskool Florida skuts na die SANSSU-proewe vir ? SA-skolespan

Agter vlnr: Ethan Pentz en Ethan Kirstein Voor vlnr: Jaco Horak en Monique van Wyk  Baie geluk aan Jaco Horak,  Monique van Wyk en Ethan Pentz van Hoërskool Florida, wat ? uitnodiging ontvang het na die SANSSU-proewe vir ? SA-skolespan. Pistool:  Jaco Horak Sporter:  Monique van Wyk, Ethan Pentz Baie geluk aan Ethan Kirstein wat aangewys is as algehele wenner van die ‘Target Sprint’ kompetisie! Florries is baie trots op julle!...

Read More

Hoërskool Florida Skut presteer by SAARA se SA-kampioenskappe

Nadine Nel Baie geluk aan Nadine Nel (gr. 11) van Hoërskool Florida wat die afgelope vakansie aan SAARA se SA-kampioenskappe in Kaapstad deelgeneem het. Nadine skiet twee volkaarte op lê en verower ‘n goue medalje vir 3P-Presisie en ‘n silwer medalje vir 10M-Olimpies dames-O/20 en ontvang die trofee vir beste 3P-Presisie skut.  Sy ontvang goue medaljes vir die 10M-Olimpies en 3P-posisie in spanverband en verwerf weer haar SAARA-kleure. Die SANSSU-kampioenskappe het ook die vakansie in Kaapstad plaasgevind.  Nadine Nel word gekies as die Presisiespan kaptein.  Nadine skiet ‘n volkaart op lê en kniel en verwerf 4 goue medaljes en haar...

Read More

Hoërskool Florida skut skitter by SAARA se SA-kampioenskappe

Caitlin Oelofse Olimpies Dames- O/20 afdeling.   Hiermee kwalifiseer sy om aan die dames-finaal deel te neem waar die top 8 skuts in die land meeding vir die titel van “10M Olimpies Dames Kampioen“. Die finaal begin met twee reekse van vyf skote, wat binne 250 sekondes geskiet moet word.   Daarna skiet elke skut een skoot in 50 sekondes en na elke tweede skoot val ‘n skut uit.  Na die twaalfde skoot, val die skut met die laagste telling in die agtste plek uit.  Die volgende skuts word met elke twee skote geëlimineer, tot die goud en silwer medalje wenner...

Read More

VISIT YOUR SCHOOL’S PAGE

Gedagte vir die week | Thought of the week

Besorgdheid is hoop

Vra en vir julle sal gegee word…

-Mattheus 7:7

Ons kyk na die beginsels van omgee vir ander en kom by ‘n baie belangrike een: as jy omgee, gee jy hoop. Dink net hoe moeilik dit sou gewees het om na iemand om te sien as jy hulle geen hoop kon bied nie. Die hoop waarna ek verwys, is Christelike hoop: die hoop gegrond op die Woord van God – dat hulp van die Here sal kom. Het Hy dan nie belowe dat as ons vra, Hy sal gee nie? Of as ons klop, die deur oopgemaak sal word nie? Of as ons soek, ons sal vind nie? Leer om hierdie boodskap
te deel met diegene wat seer het, en herinner hulle dat God graag diegene met probleme help. Hy verlos hulle van hul probleme, of gee aan hulle die genade wat hulle in staat stel om hulle pyn in pêrels te verander.

– Selwyn Hughes

Pin It on Pinterest

For more information about COVID-19 please visit: COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal