• Other Activities
  • Gallery
  • Pluimbal / Badminton
  • Squash
Sorry, No Posts Found
Sorry, No Posts Found
Sorry, No Posts Found
  • Chess
  • Dance
  • Judo
  • Karate
  • Landloop
  • Jukskei
Sorry, No Posts Found
  • Horse Riding
  • Shooting
  • Drama & Music
  • Cheerleaders
  • Cheerleaders
Sorry, No Posts Found
Sorry, No Posts Found
Sorry, No Posts Found

Categories

Gedagte vir die week

God sal die pad aandui

Na die dood van Josua het die Israeliete die Here geraadpleeg – Rigters 1:1

Josua was ‘n lojale en toegewyde dienskneg van God; ‘n wyse en gerespekteerde leier van sy volk. Dit volg dan vanselfsprekend dat die volk met sy dood verward en verlore gevoel het.

Dis die gevolg wanneer jy moet afskeid neem van iemand op wie jy jou vertroue in ‘n besondere mate geplaas het. Gewoonlik is die eerste vraag wat gevra word: “Wat staan ons nou te doen? Na wie toe kan ons draai?”

Indien jy jou in sulke omstandighede bevind, moenie in eie krag probeer voortgaan nie. Volg die Israeliete se voorbeeld en soek die Heiland se hulp en leiding. Hy alleen wil en kan jou lei op Sy pad van geregtigheid, en jou die vermoë gee om elke situasie te hanteer en gemoedsrus te hê wat alle vrees verdryf.

Verlosser, in elke omstandigheid van my lewe sal ek vertroosting en leiding by U alleen soek. Amen.