Hoërskool Florida se 1ste krieket span het die naweek Monnas se 1ste Krieket span geklop met 28 lopies. Florries teken 250 lopies aan in 49 beurte en Monnas 222 in 47 beurte. Florries se beste kolwer Antonie Bezuidenhout moker 70 lopies en Wiehan Snyman laat die kolwers les op sê met 4 paaltjies vir 39 lopies.

Op die foto bo:

Voor:  v.l.n.r.:   Johan Erasmus (afrigter), Henrico Schoeman, Wiehan Snyman, Rujaun Scheepers (onder kaptein), Dylan Wolf (kaptein), en Eugene Smith (afrigter)

Agter:  v.l.n.r.:  Brendon Smith, Marnus le Roux, Kyle van Aswegen, JP Wiehahn, Jarred Keir en Antonie Bezuidenhout, Divan Snyman