Die volgende leerders van Hoërskool Bastion het die 29ste Julie 2017 aan die .22 Gauteng Kampioenskappe deelgeneem. Omdat hierdie ‘n relatiewe nuwe sportsoort by Bastion is het al die leerders aan die Ontwikkelings Kategorie deelgeneem.
– Michael Berning: 1ste plek
– Muzaan Bothma: 2de plek
– Alexis Kruger: 3de plek

Michael Berning, tans in Graad 8, het ook die 29ste Julie aan die GSSU Liga vir liggeweer by Florida Skietklub deelgeneem, en baie goeie uitslae bereik.

Michael het in die 0/14-ouderdoms groep deelgeneem, en ‘n 2de plek vir die drie positionele kategorie asook vir die 10-meter staan (dissipline kategorie) gekry. Hy het ‘n algehele 2de plek ontvang in die 0/14-groep. Michael ontvang ook ‘n knopie vir QMS omdat hy die bereikte telling skiet op beide drie positionele en 10-meter staan.

Baie geluk aan al drie hierdie leerders. Ons hoop dat hierdie nuwe aktiwiteit by die skool net sal groei!

Op die foto heel bo:  van Links: Mnr Pierre Pelser, Alexis Kruger, Michael Berning, Muzaan Bothma, Dr van Loggerenberg

Verskaf:   Monique Naude