Mnr. Daniël Scholtz, onderwyser by Bastion, is gekies as voorspeler afrigter van die Leeus onder 20 uitnodigingspan wat teen 2 Franse toerspanne te staan gaan kom. Hulle het reeds gister al die eerste wedstryd gespeel.

In September 2017 sal Mnr Scholtz betrokke wees by die Sharks akademie-span. Hy is ook aangewys as deel van die keurderspan by die Leeus se skole sewes wat ook tydens September sal plaasvind.

Ons is ongelooflik trots om te kan sê dat Mnr Scholtz deel van Bastion se wenspan is! Baie sterkte met al hierdie aktiwiteite, en ons kan nie wag om jou suksesse te sien nie!

Fot heel bo:  Daniel Scholtz

Verskaf: Werner Hakkesteeg