Category: Hockey

Hoërskool Bastion die ligawenners in hokkie

Baie geluk aan die eerste hokkiespan van Hoërskool Bastion in Krugersdorp, wat Saterdag as die 2017 ligawenners aangekondig is! Hulle het teen Hoërskool Riebeeckrand te staan gekom, en het 2-1 gewen. Die 0/16’s het ongelukkig hulle wedstryd verloor, maar beide spanne gaan in Augustus 2017 aan die Noordvaal-toernooi deelneem. “Ons is baie trots op albei hierdie spanne. Hulle het so hard gewerk tydens die seisoen en hulle harde werk word nou beloon,” het Me Annie de Wit, hokkie-organiseerder by Bastion. gesê. Foto heel bo:   Bastion se eerste hokkiespan,  Afrigter: Me Retha van der Walt, Spanbestuurder: Me Zannerie Marree  ...

Read More

Me Annie de Wit – Bastion tree op as skeidsregter by hokkietoernooi

Me Annie de Wit, hokkie organiseerder by Hoërskool Bastion, was tydens die Junie/Julie 2017 vakansie as hokkieskeidsregter in aksie by die jaarlikse 0/16 Interprovinsiale Toernooi (ITP). Hierdie toernooi het in Bloemfontein vanaf 9-15 Julie 2017 plaasgevind. Dit was haar sesde jaar by hierdie gesogde toernooi, en tweede waar sy by die 0/16s betrokke was. In 2016 was sy gekies om die semi-finaal en relegasie wedstryde te skeidsreg, en hierdie jaar het sy die semi-finaal en finaal tussen die Westelike Provinsie en die Oostelike Provinsie geblaas. In 2018 sal Me de Wit na die 0/18 ITP skuif, waar sy hoop...

Read More

Leerders van HS Bastion skitter in hokkie

Zoë van der Plank en Raquele Pretorius van Hoërskool Bastion, Witpoortjie Gauteng, skitter in hokkie. Zoë van der Plank en Raquele Pretorius (Graad 11),  van Hoërskool Bastion, Witpoortjie Gauteng, het tydens die Junie/Julie 2017 vakansie aan die Noordelike Hokkietoernooi deelgeneem. Hierdie toernooi het van 30 Junie to 05 Julie 2017 in Pietermaritzburg plaasgevind. Beide hierdie dogters is opgeneem in die 0/18D Suid-Gauteng span en het ‘n baie suksesvolle toernooi gehad. Die span het eerste in hulle kategorie geëindig en is met die goud huistoe. “Ons is baie trots op hierdie twee dogters. Hulle is beslis ‘n aanwins vir Bastion...

Read More

Categories

Positive Quotes

You don’t get paid for the hour. You get paid for The value you bring the hour. Jim Rohn