Category: Schools

Ferdinand v/d Heever gekies vir SA Judo-kampioenskappe

Hartlik geluk aan Ferdinand van den Heever van die Hoërskool Bastion, wat gekies is vir die span wat aan die Suid-Afrikaanse Judo-Kampioenskappe vanaf 02-08 Julie 2017 gaan deelneem. “Ek is baie opgewonde dat ek weer gekies is vir hierdie span,” sê Ferdinand, wat tans in Graad 9 is. Hy sal vir die vierde agtereenvolgende jaar deurdring na die SA Kampioenskappe. Alle sterkte vir jou, Ferdinand! Bastion staan agter jou! Foto heel bo:   Ferdinand van den Heever Verskaf deur: Monique Naudé...

Read More

Hoërskool Bastion bedank borge vir baadjies

Baie dankie aan Mnr Pieter de Villiers van P & P Security en Mnr Corrie Vrey van Steel Pipes Westrand vir die borg van ons manspersoneel se nuwe baadjies! Bastion, P&P Sekuriteit en Steel Pipes Westrand het ‘n trotse vennootskap en ons glo dat hierdie verhoudings net van krag tot krag sal gaan. P&P Sekuriteit is die borg van die rugby-afrigters se baadjies, asook die sekuriteits-infrastruktuur by Hoërskool Bastion. Steel Pipes Westrand borg Bastion se rugbytruie, die rugby-afrigters se baadjies en hulle is ook die hoofborg op al die skool se busse. “Sonder hierdie twee maatskappye se belangstelling en...

Read More

Hoërskool Bastion die ligawenners in hokkie

Baie geluk aan die eerste hokkiespan van Hoërskool Bastion in Krugersdorp, wat Saterdag as die 2017 ligawenners aangekondig is! Hulle het teen Hoërskool Riebeeckrand te staan gekom, en het 2-1 gewen. Die 0/16’s het ongelukkig hulle wedstryd verloor, maar beide spanne gaan in Augustus 2017 aan die Noordvaal-toernooi deelneem. “Ons is baie trots op albei hierdie spanne. Hulle het so hard gewerk tydens die seisoen en hulle harde werk word nou beloon,” het Me Annie de Wit, hokkie-organiseerder by Bastion. gesê. Foto heel bo:   Bastion se eerste hokkiespan,  Afrigter: Me Retha van der Walt, Spanbestuurder: Me Zannerie Marree  ...

Read More

Hoërskool Bastion bied braai aan op 25 September 2017

Kom geniet Nasionale Braaidag op Hoërskool Bastion, Krugersdorp, se rugbyvelde saam met familie en vriende. Snotkop gaan sorg vir die vermaak die dag. Kaartjies beloop R100 per persoon. Kinders onder 6 jaar is gratis. Hekke maak die 25ste September 2017 om 11:00 oop. Daar sal ‘n springkasteel vir die jonger kinders wees, asook ‘n DJ wat musiek gaan verskaf. Bring saam: – Kampstoele, coolers vleis en braaigeriewe. Kontak gerus die skool by: (011) 762 5245 of Me Van der Vyfer by: 078 457 5768/ 076 331 7492 Sien jou daar!...

Read More

Nadia en Natasha Noack van Hoërskool Bastion skitter in skaak

In Julie 2017 het Nadia (Gr. 11) en Natacha (Gr. 12) Noack na Natal getoer, en het as deel van die Gautengspan aan die Suid-Afrikaanse Skole Skaaktoernooi deelgeneem. Beide die dogters het met ‘n silwer medalje weggeloop. Dit was Nadia se tweede agtereenvolgende jaar wat sy vir hierdie span gekies is, en Natacha se eerste keer. “Ek het in Graad 9 begin speel, terwyl my sussie in Graad 8 begin het,” het Natacha vertel, “Meneer Swart het ons al van die begin afgerig. Dit was vir my ‘n baie lekker leer proses, en ons het baie goeie vriende gemaak...

Read More

Categories

Positive Quotes

Stay positive and happy.
Work hard and don’t give up
hope. Be open to criticism
and keep learning. Surround
yourself with happy, warm
and genuine people.