Bradley van Vuuren van Hoërskool Bastion, Witpoortjie in Gauteng, is die afegelope naweek vereer vir sy harde werk in hengel. Hy is gekies vir die Suid-Afrikaanse B-span en het ook die trofee ontvang vir hengelaar van die jaar.

Bradley is ‘n groot sportman, en speel rugby vir Bastion. Hy het in 2015 begin met hengel.

“Ek en my pa het dikwels gaan visvang toe ek jonger was, so dit was nie regtig te moeilik om hierdie sport deel van my lewe te maak nie,” sê Bradley.

Sy pa is n groot inspirasie, en Bradley voel dat hy nie hierdie prestasies sou bereik sonder sy leiding en aanmoediging nie.

Bradley het by die Randse Sport Klub begin met hengel. Hier is hy gekies vir die Sentraal-Wes span. Nadat hy aan die Gauteng Kampioenskappe deelgeneem het is hy verkies tot die Suid-Afrikaanse B-span. Hierdie span gaan in Oktober in Bloemhof deelneem.

Foto heel bo:  Bradley van Vuuren

Foto verskaf deur: Monique Naude