Me Annie de Wit, hokkie organiseerder by Hoërskool Bastion, was tydens die Junie/Julie 2017 vakansie as hokkieskeidsregter in aksie by die jaarlikse 0/16 Interprovinsiale Toernooi (ITP). Hierdie toernooi het in Bloemfontein vanaf 9-15 Julie 2017 plaasgevind.

Dit was haar sesde jaar by hierdie gesogde toernooi, en tweede waar sy by die 0/16s betrokke was. In 2016 was sy gekies om die semi-finaal en relegasie wedstryde te skeidsreg, en hierdie jaar het sy die semi-finaal en finaal tussen die Westelike Provinsie en die Oostelike Provinsie geblaas.

In 2018 sal Me de Wit na die 0/18 ITP skuif, waar sy hoop om haar vlak 2 skeidregters gradeering kan kry.

Bastion is baie trots op hierdie pragtige prestasie, en is opgewonde om te sien wat Me de Wit na Bastion se hokkie kan bring!

Foto heel bo:  Me Annie de Wit (Hokkie organiseerder by Hoërskool Bastion)

Foto verskaf deur: Monique Naude